Kontak ons by: Roy Campbellstraat 55, Brackenhurst, Alberton. E-
Hierdie bladsy word geborg deur
Ons visie vir Sport
Leerders moet ten alle tye daarna streef om aan een of meer sportsoorte deel te neem. Sport word op ‘n mededingende basis gespeel. Dit wil sê sport moet gaan oor wen, maar die genot van die spel word nooit vergeet nie. Dit moet dus nie net gaan om deelname as sulks nie, maar die wenmotief moet teenwoordig wees. Wen is nie alles nie en ook nie die enigste nie, maar sport kan nie geniet word as jy altyd verloor nie.
WEBBLAD ONTWERP EN BESTUUR DEUR
WERNER VAN PLETZEN
E-
‘n Boodskap van ons Sportorganiseerder
Dinamika Sport streef na: Die beste, nuutste geriewe in elke sportsoort. Goed opgeleide afrigters. Geleenthede vir elke sportman en sportvrou om te ontwikkel volgens hulle potensiaal.
Mnr. J. Schutte
Belangrike datums
Let wel dat die datums in die program kan verander. Skrywes met finale reëlings sal aan leerders gegee word.
Daar is nog datums wat gefinaliseer word. Sodra alles reg is, sal die inligting hier geplaas word.
Sou u belangstel om op ons webblad te adverteer, kontak ons gerus.
Ons atlete presteer
Hoërskool Dinamika het onglangs deelgeneem aan ons jaarlikse Prestige byeenkoms, teen Hoërskool Alberton, Alberton High en Hoërskool Oosterlig, waar die volgende atlete op die dag presteer het. Die byeenkoms het op 13 Februarie 2012 plaasgevind.
Interhoër 13 Februarie 2012
C. Venter
Trofee wenner vir beste baanatleet, senior dogter vir 3000m
W. Van Deventer
Trofee wenner vir beste veldatleet, senior seun vir gewigstoot.
S. Slatter
Trofee wenner vir beste veldatleet, junior dogter vir gewigstoot.
T. Bezuidenhout
Trofee wenner vir beste baanatleet, senior dogter vir 300m Sy deel die trofee met C.Venter.
N. Williams
Aangewys as die Junior Victrixludorum.
N. Nolte
Trofee wenner vir beste baanatleet, junior dogter vir 3000m.
E. Coetzee
Aangewys as die Junior Victorlodorum.