Volg ons 
op facebook

Kontak ons by:   Roy Campbellstraat 55, Brackenhurst, Alberton.    E-pos: admin@namies.co.za    Tel / faks: 011 - 867 5986

 

KULTUUR SPORT AKADEMIE ALGEMEEN TUIS KULTUUR SPORT AKADEMIE ALGEMEEN TUIS

Ons Visie

Ons primêre taak is ‘n gesonde balans tussen uitnemende, kwaliteit akademiese onderrig, sport en kultuur ten einde die volle potensiaal van elke leerder in ons skool te ontdek en ontwikkel. Die klem is op die intellektuele, emosionele en geestelike ontwikkeling van ons leerders, binne, buite en naskool, gebaseer op gesonde en sterk waardes.

Elke leerder ervaar dat hy / sy uniek en besonder is. Ons verrig ons taak in vennootskap met ons ouergemeenskap wat aktief by ons skool betrokke is. Ouers, onderwysers en leerders behandel mekaar met wedersydse waardigheid en respek.

Ons is dinamies en Dinamies beteken om met liefde, deernis en geloof te gee en te neem sodat ons vrolik, voluit en beheersd, in die skool van 1ste keuse en hierna, kan lewe

Ons Taalbeleid

Hoërskool Dinamika is ‘n enkelmedium skool wat onderrig in Afrikaans aanbied. In ‘n poging om veeltaligheid te bevorder, word daar ook ander tale as volwaardige vakke aangebied. Die ouer oefen ‘n minderjarige leerder se taalregte namens hom uit. Wanneer aansoek om toelating tot ‘n bepaalde skool gedoen word, kies die leerder die onderrigtaal.

Waar ‘n skool die onderrigtaal, wat die leerder gekies het, gebruik en waar daar plek in die betrokke graad beskikbaar is, moet die skool die leerder aanvaar. Waar die verlangde onderrigtaal nie in ‘n besondere skool aangebied word nie, kan die leerder belsuit dat hy / sy onderrig wil word in ‘n taal wat reeds deur die skool aangebied word.

Die leerder sal sy keuse skriftelik uitoefen en so ‘n onderneming sal bindend wees vir die leerder wat nie na toelating kan eis dat die skool onderrig in ‘n ander onderrigtaal moet aanbied as wat reeds in die skool in gebruik is nie.

ONDERRIGGELDE 2012

1. ONDERRIGGELD:

Die volgende onderriggelde is voorgestel vir 2012 en algemeen deur die ouers aanvaar:

Eerste kind                                   R9 500-00

Tweede kind                                 R9 500-00

Derde kind                                    R4 750-00

Vierde kind of meer                        GRATIS

’n Vrywillige vooruitbetaalbare bedrag van R650-00 is betaalbaar teen 31/12/2011  vir nuwe leerders sowel as bestaande leerders.  Die bedrag van R650-00 word afgetrek van die jaarlikse onderriggelde en die balans van R8 850-00 is dan betaalbaar oor 10 maande.  Indien u nog nie R650-00 betaal het nie, dan is die bedrag van R9 500-00 betaalbaar oor 10 maande.

Vir verdere inligting kan die skool se finansies afdeling gekontak word.

 

1.1 BETAALWYSE:

1.1.1 Eenmalig:

Die volgende kortings word toegestaan op die vasgestelde bedrag van R9 500-00:

Ten volle betaal vóór/op 31 Desember 2011 -10 % korting

Ten volle betaal vóór/op 31 Januarie 2012   -7.5 % korting

Ten volle betaal vóór/op 28 Februarie 2012  - 5 % korting

1.1.2 Maandelikse paaiemente:

Onderriggelde kan ook maandeliks vereffen word deur vooraf reëlings te tref met die finanskantoor .  Die bedrag van R885-00 / R950-00 per maand is betaalbaar in 10 gelyke paaiemente vanaf Januarie 2012 tot Oktober 2012.

2.ELEKTRONIESE BETALINGS: (Internet-oorplasing / OTM / bankdeposito’s)

Rekeningnaam: HOËRSKOOL DINAMIKA

Bank: EERSTE NASIONALE BANK (Bracken City)

Takkode: 252242

Rekeningnommer: 62240702721

Gebruik asseblief ten alle tye ’n depositoverwysing:

Vir onderriggelde: kind se rekeningnommer, van en naam

bv.  JF01 NEL ARNO

Vir toere, kampe, matriekdans ens: Kind se naam, van en aktiwiteit. U word versoek om die bewys van betaling te faks na (011 867 5986/7) of per e-pos na krediteure@namies.co.za te stuur.

3. KAARTFASILITEITE:

Krediet-en debietkaartfasiliteite is beskikbaar by die finanskantoor vir die betaling van onderriggelde, toere ens.

4. DEBIETORDERS :

Debietorders moet JAARLIKS hernu word vir die betrokke jaar se onderriggelde en gaan nie outomaties voort in die nuwe jaar indien u die vorige jaar ‘n debietorder in plek gehad het nie. Ouers word aangemoedig om van die skool se debietorderstelsel (NUPAY) gebruik te maak vir die betaling van onderriggelde.  Bring slegs u debietkaart na die skool waarna die finanskantoor vir u ’n debietorder sal laai op die sisteem.  Indien u nie self die kaart kan bring nie, kan u ’n toestemmingsbrief en debietkaart saam met u kind stuur.  U hoef nie enige vorms te voltooi nie.

 

LET ASB OP NA DIE VOLGENDE:

Wanneer u skoolfonds direk in die skool se rekening inbetaal, is dit die ouers se verantwoordelikheid om die finansieskantoor daarvan te verwittig. Stuur asb. aan ons die verwyssingsnommer en / of die kind se naam, van en graad. Die inligting kan direk na die finansieskantoor gefaks word by 086 756 7867

WEBBLAD ONTWERP EN BESTUUR DEUR

WERNER VAN PLETZEN

E-pos: werner.vanpletzen@yahoo.com

Hierdie bladsy word geborg deur

Sou u belangstel om op ons webblad te adverteer, kontak ons gerus.

Algemene Kantoorure:

Adminkantoor: 07:00 - 15:00

Finansieskantoor: 07:00 - 16:00

Let wel: Leerders kan voor skool, pouses en na skool betalings doen. Om toegang tot die kantoor te kry na 14:00 skakel vir Naomi by 011- 8670774

Loading...

Snoepwinkel, Klerebank en Boekwinkel

 

Al drie die bogenoemde is vanaf 07:00 tot 14:00 elke dag van week oop. Die snoepwinkel verkoop ‘n wye reeks skyfies, sjokolade, koeldranke en kos. Op Dinsdae, Woensdae en Donderdae is daar ‘n keuse van 3 verskillende soorte kosse. Daar is burgers (bief en hoender), geroosterde toebroodjies, ribrolle, prego - rolle, maalvleis pita’s, hoender en skyfies en nog ander.

 

Op Maandae en Vrydae verkoop ons net pasteie. Alle leerders kan voor skool sy/haar bestelling kom plaas en ons hou dit eenkant tot pouse of na skool. Daarmee saam kan hulle ook koeldranke, skyfies of sjokolades bestel.

 

Die klerebank het ‘n redelike groot verskeidenheid  tweedehandse klere wat nog in ‘n goeie toestand is. Indien u kind gedurende skoolure skoon of heel klere nodig het kan hy/sy net by ons kom aanklop. Al die klere: hemde, broeke, rompe, feeshempies, atletiekklere, dasse kos R30.00. Die baadjies wat hulle Dinsdae en ander spesiale dae moet dra kos R175.00.

 

Die boekwinkel is gedurende Januarie volstoom oop. Ons het skrifte en skryfbehoefte lyste wat elke kind in die skool nodig het. Ek glo ons pryse is ook baie billik. Die boekwinkel is dwarsdeur die jaar oop vir aanvullings soos die boeke vol word of ‘n pen opdroog.

 

Al die winste word teruggeploeg in die skool. Indien u enige probleme sou ondervind, kom praat asseblief met ons. Ons wil graag ons dienste verder wil uitbrei om dit vir u kind dit aangenaam te maak as hy by die snoepwinkel kom.