
|
SKOOLLIED |


|
Skoollied |
|
Waar Alberton se vlerke sprei Deur nywerheid gedra, Staan daar ‘n skool So trots en fier Hoërskool Dinamika. Op Christelike grondslag Word ons hier voorberei, Ons sal hier strewe Na volmaaktheid, tot sy eer gedy.
Met hoop, geloof en liefde Sal ons sukses behaal En eensgesind in woord en daad Dit is ons ideaal Dinamies is ons strewe Om ons vaderland te bou In sport, kultuur en akademie Ons skool in ere hou.
Dinamika ons sal getrou Volhardend in ons plig, Met ons leuse tot besieling: Reik na die lig. |