





|
Pretdag: 24 Maart 2010 - R100 per leerder
Omsendbrief 3: Verder op bladsy
|
|
Beleid: Skooltasse 2009/2010
Graag wil ons u aandag vestig op die kwessie rondom boektasse by Hoërskool Dinamika. Ons vind dat leerders se tasse nie stewig genoeg is nie en dat handboeke en skrifte gevolglik verniel.
Ons wil graag hê dat ons leerders se skrifte en handboeke so lank as moontlik nuut bly en netjies vertoon. Handboeke word aangekoop teen baie hoë pryse en die skool kan nie bekostig dat dit onnodig verniel nie.
Ons streef daarna om alle boeksakke en ander vorms van onstewige tasse so gou moontlik uit te fasseer, sodat ‘n stewige boektas (met afskortings) die universele norm word. Dit sal dus deel wees van die skooluniform en sal ook bydra tot die eenvormigheid van leerders by die skool.
Ons doen ‘n beroep op u, as ouer van Hoërskool Dinamika ,om ons in hierdie verband te ondersteun.
Vriendelike groete
P. Vollaard Hoof |
|
HOËRSKOOL DINAMIKA ROY CAMPBELLSTRAAT 55, BRACKENHURST, ALBERTON Telefoon: 867-5986/7 Posbus 167386 Faks: 867-5283 BRACKENDOWNS e-Pos: admin@namies.co.za 1454 www.namies.co.za
SKOOL VAN 1STE KEUSE
O/S NR 3/2010 Geagte Ouer / Voog
VOORKOMS Daar is 'n beplande inspeksie vir seuns en meisies op 1 Maart 2010. Seuns: Hare - · Ons verwag dat elke seun se hare volgens die skoolreëls gesny moet wees. · Die seuns se hare mag nie gekleur wees nie. · Geen "mohawk"-haarstyl is toelaatbaar nie. · Geen "undercut" nie. · Seuns se hare moet netjies geknip wees in die nek, op die agterkop en om die ore. Voorkoms - · Kom ons maak seker die seuns dra die regte skoolskoene asseblief. · Die dra van belde word aangemoedig, slegs swart, geen ander kleur en met 'n normale gespe. · Geen juwele word toegelaat saam met skooldrag nie.
Meisies: Hare - · Meisies se hare moet 'n natuurlike haarkleur wees. · Meisies se hare moet ten alle tye netjies versorg wees en vasgemaak indien lengte dit vereis. Naels - · Moet ten alle tye netjies versorg wees. · Geen naellak mag gedra word nie. Voorkoms - · Geen juwele / grimering word toegelaat saam met skooldrag nie. · Die dra van verskillende oorbelle is 'n probleem - slegs "studs", goud, silwer en met blou, groen of wit steentjies word toegelaat. · Geen neusringe word toegelaat nie. · Die dra van belde word aangemoedig, slegs swart, geen ander kleur en met 'n normale gespe.
Alle juwele wat nie volgens skoolreëls gedra word nie sal gekonfiskeer word en leerders kan dit by die kantoor aan die einde van die kwartaal kom afhaal.
ROOK DEUR LEERDERS Aangesien rook deur leerders van Hoërskool Dinamika tans 'n groot kommer is vir ons as personeel het die Bestuur besluit om nuwe strafmaatreëls in plek te stel vir leerders wat in skooldrag rook, hetsy op die terrein of van die skoolterrein af.
As 'n leerder vanaf 1 Maart 2010 vir rook gevang word, word 'n brief aan u as ouer/voog gestuur, waarop 'n keuse deur u as ouer/voog en leerder uitgeoefen moet word.
AFWESIGHEDE Dit is ook vir ons nodig om onder u aandag te bring dat die Onderwysdepartement baie klem lê op afwesighede en nalaat van portefeuljetake. · Briewe vir afwesighede word deur Onderwysdepartement vereis · Portefeulje-stukke MOET voltooi word.
SELFONE Selfone het die laaste jare groot ontwrigting tydens die onderrigproses van leerders veroorsaak. Die skool verbied nie selfone nie, maar verwag dat as 'n leerder 'n selfoon het, dit TEN ALLE TYE GEDURENDE KLASTYD afgeskakel en gebêre moet wees.
Aangesien die leerders nie gehoor gee aan die versoek nie, het ons as bestuur besluit om die volgende maatreëls in plek te stel om selfoonmisbruik tydens klastyd stop te sit. · 'n Leerder wat sy/haar selfoon tydens klastyd gebruik vir enige rede, se selfoon sal deur die personeellid betrokke in klas gekonfiskeer word. Die selfoon moet so gou as moontlik in die skoolkluis toegesluit word met die leerder se besonderhede daarop. · U as ouer is dan welkom om die selfoon tussen 10:00 en 11:00 by die kantoor te kom afhaal. Slegs ouers of wettige voogde van die betrokke leerder mag die selfoon kom afhaal en moet daarvoor teken. Geen briewe in dié verband sal aanvaar word nie.
Baie dankie vir u samewerking, ons waardeer dit opreg.
Dinamika-groete
P VOLLAARD HOOF
25 Februarie 2010
PUIK AKADEMIESE ONDERRIG OP CHRISTELIKE GRONDSLAG |
|
Belangrike inligting uit vorige omsendbriewe
Omsendbrief/2: · Pretdag 24 Maart 2010 - R100 per leerder. · Ons doen 'n beroep op u om nie afsprake te maak in skooltyd nie, veral ten opsigte van die matrieks. Die leerlinge verloor te veel werk en die skooljaar is alreeds korter as gevolg van die wêreldbeker sokkertoernooi. Dit is veral op Vrydae dat ouers hulle kinders vroeg kom afhaal. · Ons werk daagliks daaraan en vra u as ouer se ondersteuning. Dit is veral op Vrydae wat ons 'n probleem het. Die amptelike drag op Vrydae is 'n feeshemp, blou denim en tekkies. Geen sloffies, pantoffels, balletskoentjies en gewone skoene word toegelaat nie. Alle skoolreëls geld nog steeds. · Die grimering van sommige meisies lei tot onaangenaamhede en konflik en ons doen 'n beroep op u om ons by te staan. · In die oggende en middae wanneer leerders by die skool op- en afgelaai word, mag hul nie van die hek by die hoofingang gebruik maak nie. Geen kind mag deur die voorportaal beweeg nie. |