






|
Naskoolsentrum |
|
Tutors na Twee Naskoolsentrum ...Gemoedsrus vir elke ouer.
Voordele van ons naskoolsentrum.
Die Naskoolsentrum bied aan ouers die gemoedsrus dat kinders veilig en onder toesig is. Huiswerk word voltooi en leerders bly op datum met hulle skoolwerk. Leerders ontwikkel ‘n gesonde werksetiek, hulle het ‘n vaste roetine en is gedissiplineerd. Leerders leer om verantwoordelik vir hulle eie skoolwerk te aanvaar. Die naskoolsenturm is ‘n oplossing vir ouers wat vervoer-probleme ondervind en laat werk.
Algemene Inligting:
Maandag tot Donderdag 14:30-17:00 Naskoolfooie beloop R 300 p.m.
Skakel my gerus by die skool vir verdere navrae. Ingrid Labuschagne
Vir kontrole en Veiligheid van u kind is die volgende reëlings baie belangrik:
Laat weet asseblief indien u kind nie die middag naskool sal bywoon nie. Leerlinge word onder geen omstandighede toegelaat om die skool terrein te verlaat nie. Ouers sal elke middag per sms in kennis gestel word indien die kind nie by die naskool is nie. Leerders moet vooruit beplan, en elke dag werk saam bring. Elke leerder sal ‘n naskool-werkboek ontvang. Die boek bevat algemene, wiskunde-, engels- en Afrikaanse oefeninge. Geskik vir alle grade. Geen kind sal toegelaat word om tydens die studie-sessie op hulle selfone te speel nie. Leerders met uitstaande naskool gelde sal nie toegelaat om binne die klas te werk nie. Indien leerders van die naskool onttrek word moet ek asseblief ‘n maand kennis skriftelik ontvang. |