
|
SKOOLGELDE - 2010 |
|
Skoolgelde |



|
‘n Vooruitbetaalbare bedrag (deposito) van R650-00 op onderriggelde is betaalbaar met inskrywing van nuwe leerders en alle bestaande leerders. Hierdie deposito is betaalbaar nie later as 31 Desember 2009 nie.
‘n Korting van 10% (R770-00) word toegestaan op die vasgestelde bedrag van R7 700-00 vir die volle vereffening van onderriggelde vóór/op 28 Februarie 2010. In die geval van die derde kind sal die kortingsbedrag R385-00 wees.
Korting word slegs toegestaan indien: · Alle kostevergoeding op spesifieke vakke (Gr 10-12) ook ten volle vereffen is. · Daar geen uitstaande onderriggelde van die vorige jare verskuldig is nie.
Die kortingsbedrag sal op u rekeningstaat van Maart 2010 aangedui word.
Onderriggelde word direk by die finansies kantoor inbetaal op die volgende tye:
Vir ouers: Enige tyd gedurende normale skoolure. Vir leerlinge: 07h00-07h40 - Maandag - Vrydag Pouses - Maandag – Vrydag 14h00-14h30 - Maandag – Donderdag GEEN leerlinge word gedurende klastyd toegelaat om gelde in te betaal nie.
Betaling per tjek: Plaas dit asb. in die bruin tjekdeposito-houer voor die finansies kantoor. Maak asb. seker dat u kind/kinders se naam en graad agter op verskyn, asook waarvoor die betaling is.
Elektroniese betaling:
Gebruik asb. ten alle tye ‘n depositoverwysing: U kind se rekeningnommer, van en voorletters bv. AB21 Botes Johan
Kaartfasiliteite
Krediet-en debietkaartfasiliteite is beskibaar vir die betaling van onderriggelde, toere ens.
Debietorders
Maak asb gebruik van hierdie gerieflike metode van betaling. Slegs een debietorder per gesin moet voltooi word. Vorms is beskikbaar by finansies kantoor. Die aftrekking van onderriggelde begin in Februarie en die laaste aftrekking geskied in November. U kan op die vorm aandui indien u reeds einde Januarie met aftrekkings wil begin. Let wel: Ouers moet elke jaar nuwe vorms voltooi.
Subsidie op onderriggeld
Subsidie-aansoeke geskied jaarliks. Subsidies is beskikbaar vir ouers/voogde wat:Geen of lae inkomste verdien‘n kind in pleegsorg het ‘n kind het vir wie daar ‘n staatstoelaag ontvang word
Subsidies is nie van toepassing op vakke met ‘n kostevergoeding of agterstallige onderriggelde van vorige jare nie. Subsidies word streng toegeken volgens die riglyne van die Gauteng Onderwys Departement.
Aansoekvorms is beskikbaar by die finansies kantoor – sluitingsdatum 15 Februarie 2010. Ouers word versoek om persoonlik die aansoekvorms by die finansies kantoor in te handig. ‘n Onvangserkenning sal aan u oorhandig word.
Prestasie-toekennings
Aansoeke vir prestasie-toekennings sluit 31 Januarie 2010. Die amptelike aansoekvorm (verkrygbaar by die kantoor of mev. C. Spies) moet saam met die nodige bewyse ingedien word. Alle leerders (insluitend leerlinge wat voorheen gekwalifiseer het) moet ‘n aansoekvorm vir 2009 voltooi. Indien u kind kwalifiseer sal die afslagbedrag op u skoolgeldrekening van Februarie 2010 aangedui word. Krediete op rekeninge sal aan u terugbetaal word. Indien u ten volle wil betaal ná toekenning van die prestasie-afslag, word die korting bereken op die verminderde balans bv. (R6875-00 minus R700 afslag = R6175 ; dus korting van 10% op R6175-00 = R617-50).
KOSTEVERGOEDING VIR SPESIFIEKE VAKKE GR 10-12
Die kostes op bogenoemde vakke is vooruitbetaalbaar vir volgende jaar. Ons vra dat u dit so gou as moontlik sal betaal indien dit nog nie betaal is nie.
BELEIDSPROSEDURE VIR BETALING VAN GELDE:
Die volle onderriggelde is betaalbaar aan die begin van die skooljaar.
Met vergunning van die Beheerliggaam word die onderriggelde in 10 gelyke paaiemente vanaf 13 Januarie 2010 gedebiteer en sodanige hefffing is verskuldig en betaalbaar binne 30 dae na die heffing.
Die eerste sodanige maandelikse paaiement is betaalbaar nie later as 7 Februarie 2010. Daarna moet betaling geskied voor/op die dieselfde dag van elke daaropvolgende maand. Die laaste paaiement is betaalbaar op 7 November 2010.
Indien enige gedeelte van die onderriggeld gehef, meer as 60 dae na datum van heffing uitstaande is, is die volle onderriggeld vir die jaar opeisbaar.
Geen matriekleerling mag die matriekdans bywoon en ‘n getuigskrif ontvang indien daar nog skoolgelde agterstallig is teen die datum van die matriekdans.
PROSEDURE VIR DIE INVORDERING VAN AGTERSTALLIGE ONDERRIGGELD 2010
Die volgende prosedure is deur die Beheerliggaam vasgestel t.o.v invordering van alle agterstallige onderriggelde en kostevergoeding vir sekere vakke:
Nadat ouers wat agterstallig is, in Maart maand gekontak is, sal alle ouers wat nog op 7 April 2010 agterstallige onderriggeld het, deur die regsproses hanteer word.
Bona fide reëlings deur ouers insake agterstallige gelde, sal slegs op ‘n skriftelike kontrak tussen die ouer en skool aanvaar word. Indien die kontrak verbreek word, sal die regsproses intree. |
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Rekeningnaam |
: Hoërskool Dinamika |
|
Bank |
: Eerste Nasionale Bank |
|
Tak |
: Bracken City |
|
Takkode |
: 250655 |
|
Rekening nr. |
: 62240702721 |
|
Tipe rekening |
: Tjekrekening |