HOËRSKOOL DINAMIKA

HOOF

Me. Charmaine Spies

Adjunkhoof:  Akademies

  Mnr. Piet Vollaard

ADJUNKHOOFDE:

Bestuur

Personeel

Mnr. Erik Coetzer

Adjunkhoof:  Terrein

BOODSKAP VAN DIE HOOF...

   E-pos:  skoolhoof@namies.co.za

Mnr. Pieter Grobler

Adjunkhoof:  Dissipline

JAARVERSLAG VAN DIE HOOF

 

1.                 LIEF EN LEED

1.1               Baie dankie aan die beheerliggaam wat die besluit geneem het om my aan te stel as hoof van ons pragtige skool.  Ek probeer alles in my vermoë om die

                 standaarde wat geëis word op ʼn hoë vlak te hou.  Dankie ook vir die aanstelling van Me Spies as adjunkhoof en Me Pheiffer as

                 Departementshoof Rekenaarstudie.

 

1.2               Ons betoon ons innige meegevoel met leerlinge wat ouers in die jaar verloor het.

                           -       J P Koch met die afsterwe van sy vader.

                           -       Marizel Janse van Vuuren met die afsterwe van haar moeder.

                           -       Richard Muller met die afsterwe van sy moeder.

                           -       Nokulunga Bungeni met die afsterwe van haar vader.

                           -       Carla Vermaak met die afsterwe van haar vader.

                           -       Paul Kruger met die afsterwe van sy vader.

                           -       Carla Kilian met die afsterwe van haar moeder.            

                           -       Wikus Janse van Rensburg met die afsterwe van sy stiefmoeder.

                           -       Maud Mosala met die afsterwe van haar broer.

                           -       Natuschka Labuschagne met die afsterwe van haar broer.

 

1.3               Ons dink aan ons personeel wat ook geliefdes in die jaar verloor het.

                           -       Mnr R Nöffke met die afsterwe van sy skoonvader.

                           -       Me M Schutte met die afsterwe van haar skoonvader.

                           -       Me Y Le Roux met die afsterwe van haar vader.

                           -       Mnr E Coetzer met die afsterwe van sy suster.

                           -       Me A Vollaard met die afsterwe van haar swaer.

                           -       Mnr J Schutte met die afsterwe van sy oupa.

 

2.                 HOOGTEPUNTE VAN 2009

                    Die volgende hoogtepunte is behaal op die genoemde terreine:

 

2.1               Die Akademiese terrein:

2.1.1           Die voorkoming van druipelinge deur die streng kontrole van portefeuljes, afwesighede en laatkommers en die opvolg deur kommunikasie met ons ouers deur Me Spies en graadvoogde.  Ons sms-stelsel word hier ook effektief gebruik en ons ouers het gehelp om veral die portefeuljes van hulle kinders in te handig.

2.1.2           Die effektiewe ondersteuning van ons onderrigpersoneel om hoë akademiese standaarde te verseker vir leerlinge wat wil voortgaan met tersiêre opleiding.  Zani Labuschagne se insluiting by die toppresteerders van die Universiteit van Witwatersrand was ʼn teken van die sukses wat bereik is.  Die universiteit se vise-kanseliersbeurs is vir die tweede keer aan haar toegeken vir haar studies vir Geoktrooieerde rekenmeester.

 

2.1.3           Die erkenning vir personeel deur die waarderingsweek in Mei-maand.  Ons dank gaan uit na die ouers van ons leerlingraad wat ons die week spesiaal laat voel het.

 

2.1.4           Die uitslae van ons matrieks in 2008.  142 Onderskeidings en Danelle Scholtz se 8 onderskeidings en sy het geëindig onder die Top 10 in die Ekurhuleni distrik.

 

2.1.5           Die prestasie van Gr.12 personeellede.  Me B Pheiffer en Me T du Toit wat aangewys is as die beste in die distrik met die vak Rekenaarstoepassings-tegnologie.

 

2.1.6           Die beperking van die wisseling van personeel tot ʼn minimum.  Dit is moeilik om personeel met ervaring soos Mnr Böhmer (vorige hoof) en Me Nel (vorige adjunkhoof) te vervang.  Op die huidige oomblik moet ʼn adjunkhoof en twee departementshoofposte gevul word vir 2010.

 

2.1.7           Die ontwikkeling van Me Madelein Roodt om die Elektriese tegnologie te hanteer.

 

2.1.8           Die ontwikkeling van Mnr Chris Hansen as deel van die SBO program van die Noordwes-Universiteit.  Hy is aangewys as die vyfde beste student in Gauteng.

 

2.1.9           Die ontwikkeling van Me Francél Lamprecht om die Fisiese Wetenskappe te hanteer nadat Me Hattingh bedank het.

 

2.1.10         Dit Top 20 uitstappie na Nelson Mandela Teater.

 

2.1.11         Die Gauteng-on-line rekenaarsentrum wat herstel is.  Ons wag nog net vir opleiding vir die toepassing daarvan.

 

2.1.12         Die rekenaar leessentrum wat opgegradeer is d.m.v. ʼn netwerk om effektiewe lees onder leerlinge te bevorder.

 

2.1.13         Oueraande waar kontak tussen personeel en ouers ʼn waardevolle bydrae maak tot positiewe vordering.

 

2.1.14         Inligtingsaande vir ouers sowel as leerlinge vir elke graad.

 

2.1.15         Lewensoriënteringklasse, rekenaarklasse en geografie wat met data-projektors aangebied word.

 

2.1.16         Personeelontwikkeling wat plaasvind gedurende Woensdagmiddag.

 

2.1.17         Die intensiewe onderwys waaraan gestremde leerlinge suksesvol ondersteun en onderrig word in ons skool.  Ons dink  in besonder aan Robert de Bruin wat swaksiende is en vanjaar sy matriekeksamen aflê.

 

2.1.18         Die effektiewe begeleiding van ons leerders t.o.v. beroepskeuses deur ons Departement Lewensoriëntering.  Me L Heymans en Mnr C van der Schyf.

 

2.2               Die bevordering van positiewe gedrag

2.2.1           Die kamera-stelsel word effektief benut, maar opgradering is nodig in die toekoms.

 

2.2.2           Die Juridiese komitee is suksesvol om die gedrag van leerlinge te bevorder.  Baie dankie aan Adv. A Lerm, Adv. M Oosthuizen, Mnr R Swanevelder en Mnr Coetzer  vir hulle harde en deeglike werk.

 

2.2.3           Die hantering van puik dissipline deur Mnr Coetzer en Me Spies wat gelei het tot die gedragsverandering van menige leerlinge.

 

2.2.4           Die ontwikkeling van dissipline by ons jong personeel.

 

2.2.5           Die positiewe geesvang geleentheid tydens ons atletiek.

 

2.2.6           Die instelling van die pretdag in Maart wat deur almal geniet is.

 

2.2.7           Die gereelde voorkomsinspeksie wat gedurende die jaar plaasgevind het.

 

2.2.8           Ons matrieks se gedrag was hierdie jaar oor die algemeen goed.

 

2.3               Finansiële bestuur.

2.3.1           Die uitstekende finansiële bestuur deur ons twee rekenmeesters Me René Haasbroek en Me Karin de Kock.

 

2.3.2           Die goeie beheer van ons finansies deur ʼn hardwerkende finansiële komitee.  Groot dank aan Mnr Arnold Greyling en Ds Pieter de Villiers.

 

2.3.3            Die invorderings van skoolgeld deur Me Jaun-Marie Willemse.

 

2.3.4           Die effektiewe bestuur van ons snoepwinkel deur Me Manda Schutte.

 

2.4               Kultuuraktiwiteite

2.4.1           Die hoogtepunt op die kultuurkalender was die musiekblyspel “Starstruck”.  Dit was ʼn groot sukses.  Dank aan Me van Jaarsveld (Kultuurorganiseerder) en personeel.

 

2.4.2           Ons leerlinge het 27 items op die kunswedstryd gewen en 2 leerders het 2de geëindig as afdelingswenners.  Ons deelname was ʼn skilderkuns, woordkuns, redenaars, vokaal en Afrikaans en Engelse voordrag en lees.

 

2.4.3           Daar is ook ʼn suksesvolle kultuuraand aangebied.

 

2.4.4           Redenaars: 4 leerlinge haal die ATKV halfeindronde

                                                   Gr. 12 span – Suid Gauteng Wenners

                                                   2 Itemwenners.

 

2.4.5           Chatelle Coetzee word verkies as hoofdogter van die Colla Voce koor.

 

2.5               Sportaktiwiteite

2.5.1           Armand Goosen, Dewet Strydom en Xandré Coetzee haal die SOR O/14 krieketspan.

 

2.5.2           7 Leerlinge haal die D16 span wat gaan deelneem het aan die Gauteng kampioenskappe.

 

2.5.3           Eerste seuns hokkiespan wen die Chairman’s festival by Edenglen High School.

2.5.4           Chanté Venter neem deel aan die SA Atletiek kampioenskappe in die 3000m Dogters O/17.

 

2.5.5           ADT Super 8 sportreeks finaal

                    O/14A Rugby – 1ste plek

                    O/16A Rugby – 1ste plek

                    O/15A Netbal – 1ste plek

                    Netbal verower die algehele 1ste plek.

 

2.5.6           Mbali Golele                 : O/18 Provinsiale kleure in netbal

                    Renétte Bezuidenhout       : O/15 Provinsiale kleure in netbal

                    Nédine van Wyngaard      : O/16 Provinsiale kleure in netbal.

 

2.5.7           Leeyotkin Jones en Wessel Strydom wat Goue Leeus rugbykleure ontvang het.

 

2.5.8           2 Leerlinge word opgeneem in die O/15 TPP rugby oefengroep.

 

2.5.9           Christabel Letlane, Chevonne van der Westhuizen, Nicky Posthumus en Eloise Reed wat Oos-Gauteng kleure vir hokkie ontvang het.

 

2.5.10         Die Eerste rugbyspan wen Hoërskool Alberton die eerste keer in 14 jaar. Telling 15 -12.

 

2.5.11         Elard Bronkhorst, Morné Grobler, Jurie Fourie, Roedolf Walker en Lance Brits wat Oos-Gauteng kleure vir hokkie ontvang het.

 

2.5.12         O/15A en O/18A netbalspanne wen die Super liga.

 

2.5.13         O/15A netbalspan eindig 2de in die Gauteng netbalkampioenskappe.  Verloor 11-8 teen Hoërskool Monument in die finaal.

 

2.5.14         O/14A en 1ste rugbyspan haal die Goue Leeus Semi-finale.

 

2.5.15         O/16 rugbyspan is die Goue Leeus Kampioene.  Haal kwarteindstryd van die Beeldtrofee.

 

2.5.16         Landloop – 13 atlete haal die Groter Alberton-span.

 

2.5.17         Die O/14A en 2de krieketspanne wen die SOR liga.

 

2.5.18         Lionel Steyn en Jean van Huyssteen haal die SOR O/18A krieketspan.

 

2.5.19         André Snyman verwerf Oos-Gauteng kleure vir tennis.

 

2.5.20         Die aanstelling van mnr J Schutte as Departementshoof Sport was ʼn groot sukses.

 

2.6               Leierskapsontwikkeling

2.6.1           Elke Woensdagoggend vergader ons Dagbestuur (leerlingraad) .  Begeleiding word op ‘n skitterende wyse gedoen deur hulle voogde Mnr Coetzer en Me Spies.

 

2.6.2           Die dagbestuurskamp is jaarliks ʼn groot sukses en speel ʼn groot rol in leierskapontwikkeling.

 

2.6.3           Die VLR (Verteenwoordigende leerlingraad) gee leerlinge die kans om in goeie leiers te ontwikkel.

 

2.7               Geestelike ontwikkeling

2.7.1           Van ons leerlinge het hierdie jaar weer ʼn Malawi sendingtoer meegemaak.

 

2.7.2           Bybelperiode word kwartaalliks in die saal gehou met sprekers en kerke.

 

2.7.3           Ons het hierdie jaar op Hemelvaartdag ʼn diens gehou in die saal.

 

2.7.4           Daar is twee Kohin Jeugwerkers hierdie jaar.

 

2.7.5           Die VCSV koffiekroeg (T9) is opgegradeer.  Die Kohin-Jeugwerkers het dit ook gebruik.

 

2.7.6           Elke Dinsdagoggend bring die personeel wat die saalopeninge hanteer pragtige boodskappe.

 

2.7.7           Ons open en sluit af in die vierkant as skool in die naam van die Here.

 

2.7.8           Ons het die skool se terrein beskikbaar gestel vir NG Kerk Brackendal, Geref. Kerk Brackenhoff en Alberton Lewensentrum.

2.8               Matriekafskeidsfunksies

2.8.1           Ons kerkfunksie was in die skoolsaal onder die leiding van Pastoor Evlyn Hodgson.  Dit was ʼn geseënde geleentheid.

 

2.8.2           Ons skemerkelkfunksie is ʼn baie unieke tradisie by ons skool.  Dit word gehou voor die matriekdans weens logistieke probleme het ons dit vanjaar gehou

                 by Thaba Ya Batswana en nie in die skoolsaal nie.

 

2.8.3           Die matriekdans was ʼn pragtige funksie en die leerlinge het hulself mooi gedra.  My dank aan Me K  Feenstra wat alles georganiseer het.

 

2.9               Noodhulp

2.9.1           Die Dinamika Noodhulp tak groei jaarliks.

 

2.9.2           Uitstaande diens word gelewer by alle tuisbyeenkomste.  Ons kry gereeld kompliment van ouers van ander skole.

 

2.9.3           Ons eie Dinamika tak kompetisie was op ʼn hoë vlak en dra die skool se naam uit.

 

2.9.4           Me Conradie hanteer elke kind wat siek word gedurende skoolure.  Sy doen dit op ʼn baie professionele manier en sy is ʼn ware staatmaker.

 

2.9.5           Tydens die simulasie ongeluk op 19 Augustus 2009 wat gereël was deur Ekurhuleni Metro het ons noodhulpspanne ook ingeskakel.

 

2.10             Terrein

2.10.1         Ons terrein lyk baie netjies en versorg.

 

2.10.2         Die skool word puik in stand gehou.  Ons gee graag erkenning aan Mnr Coetzer, Me L Venter en haar span  vir hulle spesiale bydrae.

 

2.10.3         Ons dank aan die volgende verbeterings wat aangebring is:

                    -             Opgradering van krieketnette.

                    -             Muur in Roy Campbellstraat.

                    -             Verlenging van krieketblad.

                    -             Groot tellingbord op die A-rugbyveld.

                    -             Telbord – Netbalbaan

                    -             Opgradering – Finanskantoor.

                    -             Meubels – Hoof se kantoor.

                    -             Ligte vir parkering in die aande.

                    -             Gimnasium in die LO Saal

                    -             Opgradering van sportkantoor (LO Saal)

 

2.11             Beheerliggaam

                    My dank gaan uit na ons nuwe beheerliggaam en hulle uitstekende bydraes was vir almal tot seën hierdie jaar.  Dit is ʼn voorreg om met u te kan saamwerk.

 

2.12             Ouers

                    My dank gaan uit na alle ouers, veral vir u ondersteuning by verskeie geleenthede hierdie jaar.

 

 

P VOLLAARD

HOOF